blog


Wednesday, 25 November 2015

Kersfees kom, Kersfees kom

music

"Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer!
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land o Heer"

Kersfees is my gunsteling tyd van die jaar. Almal is net bietjie vriendeliker, bietjie meer geduldig en wys meer liefde teenoor mekaar. In die kerk, waar ons as 'n gemeenskap van gelowiges saam is, wys ons hierdie 'samesyn' deur te sing!

En hoe lekker het ons nie by die NGK Proteahoogte se jaarlikse Kerssangdiens gesing nie! 'n Koperblaas ensemble het ons begelei; dit gee net 'oemf' aan die sang. Die gemeente het in groot getalle opgedaag en die sanggroep het ons met pragtige stemme en trekklavier gelei!

Baie dankie aan Siegfried en Jonathan wat saam met my opgetree het. Dit was so lekker om saam tot eer van die Een waar die talent vandaan kom, musiek te maak.

Geniet die fotos!
Kontak my gerus vir ander optredes by hello@talitaolivier.com

kersfees kom.png
kersfees kom (3).png
Jonathan, Talita en Sieg
kersfees kom (1).png
Ek en my mamma
kersfees kom (2).png